
Ontmoet my
Ek is ‘n Kliniese Sielkundige en Neurosielkundige met ‘n passie vir mense en hul verhoudinge. Die mensdom met al die vreugde, hartseer en beproewinge op ons paaie laat my in verwondering reflekteer oor wat dit beteken om ten volle mens te wees. In Dubai bied ek terapie aan by Thrive Wellbeing Centre in Jumeirah Lake Towers, sowel as aanlyn regoor die VAE. Ek beweeg gereeld tussen Dubai, VAE en Pretoria, Suid-Afrika, en kombineer aanlyn terapie met in-persoon sessies.
In Suid-Afrika sien ek bestaande kliënte by die Satori Health Centre in Garsfontein, Pretoria-Oos. Ek is geregistreerd met die Gesondheidsraad van Suid Afrika as ‘n onafhanklike Kliniese Sielkundige en Neurosielkundige.
In Dubai is ek ook by die Dubai Gesondheidsowerheid (DHA) as Kliniese Sielkundige geregistreer.
Om vervulling te ervaar in my daaglikse werkslewe, is vir my van kardinale belang om gelukkig en geanker te voel. Een aspek van my werk wat my diep vervuld laat voel, is die geleentheid om beide my kop en my hart in harmonie te gebruik.
Ek is passievol daaroor om ‘n empatiese verhouding te bou. Dit is vir my ‘n voorreg om saam met mense te stap deur hul seerste, donkerste en skrikwekkendste plekke, maar ook om in hul vreugdes en oorwinninge te deel.
Ek geniet dit ook om hul uitdagings op ‘n logiese en sistematiese wyse te analiseer, en te koppel aan ‘n wetenskaplike begrip van menslike interaksie om ‘n holistiese begrip van die persoon en hul uitdaging te konstrueer.

“The best work you’ll ever do is working on you.”
Robin Sharma
Ek vind dat ‘n Geïntegrerende Interaksionele Benadering, gegrond op Persoongesentreerde beginsels en ‘n Ekosistemiese fondasie vir my ‘n raam bied waardeur ek begrip van kliënte se uitdagings kan balanseer met ‘n aktiewe, analitiese proses waar ons saam werk om hul struikelblokke aan te spreek.
Interaksionele psigoterapie fokus daarop om effektiewe, volhoubare en bevredigende verhoudings te fasiliteer. Gebaseer op die individuele behoeftes van elke kliënt ondersoek ons saam hoe hulle met hul omgewing omgaan.


Ek floreer op verskeidenheid in my praktyk.
Sodanig inkorporeer ek verskeie areas van belangstelling:
- Aanlynterapie met kliente reg oor die wêreld.
- Individuele, verhouding en familie terapie op ‘n buitepasiënt basis by die Satori Health Centre
- ‘n Verskeidenheid van neurosielkundige dienste gefokus op assesering en psigoterapie
- Lugvaart mediese assessering
- Funksionele assesserings vir versekerings doeleindes
- SARS bevestiging van ongeskikdheidsassesserings
- Regsmediese assesserings
- Supervisie
My Professionele Reis
Experience
- 2014 – Hede: Privaat Praktyk, Christi Gadd Kliniese Sielkundige & Neurosielkundige
- 2018 – 2024: Direkteur, Equilibrium Forensiese Sielkunde
- 2022: Gasdosent: Volwasse en Geriatriese Psigopatologie, Universiteit van Pretoria
- 2018: Gasdosent: Neurosielkundige Assessering, Universiteit van Johannesburg
- 2018: Gasdosent: Neurosielkundige Assessering, Universiteit van Pretoria
- 2016 – 2017: Assosiaat Kliniese Sielkundige, Elton Bloye Neurosielkunde
- 2014: Gasdosent: Psigodiagnose & Neurokognitiewe Assessering, Universiteit van Pretoria
- 2012 – 2017: Kliniese Sielkundige 1 Militêre Hospitaal, Suid Afrikaanse Nationale Weermag
- 2010: Intern Kliniese Sielkundige, Dr George Mukhari Akademies Hospitaal & Weskoppies Psigiatriese Hospitaal
Academic Qualifications
- 2012 MSc Kliniese Sielkunde – Universiteit van Limpopo, Medunsa Kampus
- 2009 BSocSci (Hons) Sielkunde – Universiteit van Pretoria
- 2008 BSc Mensfisiologie, Genetika & Sielkunde – Universiteit van Pretoria
Lees meer oor my werskgeskiedenis op my LinkedIn profiel.
