deur Riëtte Grobler in Vrouekeur, 20 Maart 2020 Wat is die nagevolge daarvan as families…
Hoe hanteer ek dit as my beste vriendin gekant is teen inenting?
deur Marguerite van Wyk in Sarie, Januarie 2022
COVID-19 het ‘n hele nuwe stel kwelvrae tot ons lewens gebring wat ons dalk nooit van te vore oorweeg het nie. EK het onlangs ‘n bydrae gelewer aan Marguerite van Wyk se artikel oor ‘n paar van hierdie kwelvrae.
Hieronder is Margurite se artikel en ‘n paar verdere gedagtes van my kant af:
Luister met die doel om haar vrese te verstaan
In die woorde van Stephen Covey “Seek first to understand and then to be understood” Luister na jou vriendin se redenasie en vrese met die doel om te verstaan waar sy vandaan kom, eerder as met die doel om haar opinie te verander.
Luister na haar as ‘n individu met geldige vrese en bekommernisse eerder as on haar te verander in groepsidentiteit as “’n anti-vaxxer”. Haar vrese rondom die intenting, verander nie die vriendin wat sy tot nou toe vir jou was nie, haar keuse om nie die inenting te neem nie verander nie skielik haar indentiteit nie.
Deel weerloos jou eie vrese
Net soos wat jy nie graag veroordeel wil word vir jou besluit om die inenting te aanvaar nie, wil sy ook nie veroordeel voel vir haar keuse om die nie te aanvaar nie. Om haar aan te val vir haar besluit sal jul net verder uit mekaar dryf.
Deel met sagtheid en weerloosheid wat jou vrese rondom die virus is wat jou gelei het om die keuse te maak om die intenting te neem. Waaroor is jy bekommerd in julle vriendskap en wanneer julle tyd saam spandeer as jy kies om die inenting te neem en sy nie?
Hanteer besluite oor die vriendskap as ‘n span
Die verhouding is vir beide van julle belangrik en julle wil beide graag ‘n manier kry om tyd saam te spandeer waarmee julle elkeen gemaklik voel.
Onthou dat jul beide kom uit ‘n plek van vrees – die van ons wat kies om die inenting te kry, is bang vir die nagevolge van die virus. Die van ons wat kies om nie te inenting te neem nie, is bang vir die nagevolge van die inenting. Onthou ook, dat julle beide kom uit ‘n plek van liefde vir mekaar met ‘n behoefte om naby aan mekaar te bly. As dit nie die waarheid was nie, sou jy nie so besorgd gewees het rondom haar siening oor die inenting nie Fokus op wat die vriendskap vir julle beteken – wat het julle wel in gemeen en waaroor stem julle wel saam? Julle elkeen se menswees en dus ook julle vriendskap word nie definieer deur julle keuses rondom die intenting nie.
Bemagtig jouself met kennis en keuses
Wat kan jy beheer en wat kan jy nie beheer nie? Jy het nie beheer oor haar keuse om nie ingeent te word nie en sy het nie beheer oor jou keuse om ingeent te word nie. Julle het beide egter beheer oor jul keuses rondom waarmee julle veilig voel wanneer julle tyd saam spandeer.
Maak seker oor jul eie feite. Praat dalk met ‘n betroubare, mediese expert met kennis op die gebied. Wat is waarlik die risiko’s vir beide van julle as julle tyd saam spandeer as jy ingeënt is en sy is nie ingeënt is nie? Wat kan julle doen om die risiko’ van infeksie te verminder? Daarna kan julle dan saam besluit op watter aktiwiteite beide van julle mee veilig voel as julle saam tyd spandeer.
This Post Has 0 Comments